GESANG 142 1. KOM, ALMAL, LAAT JUL STEM VERRYS ! KOM, LAAT ONS DIE VERLOSSER PRYS. HALLELUJA ! HALLELUJA ! DIE HEER LAAT DUISTERNIS VERDWYN: HY IS DIE LIG WAT HELDER SKYN; LOOF DIE HERE, GEE HOM ERE. HALLELUJA ! HALLELUJA ! HALLELUJA ! 2. LOOF HOM WAT DIE OORWINNAAR IS OOR MAGTE VAN DIE DUISTERNIS. HALLELUJA ! HALLELUJA ! HY GEE DIE GAWE VAN SY GEES, STUUR HOM OM ONS TOT TROOS TE WEES. LOOF DIE HERE, GEE HOM ERE. HALLELUJA ! HALLELUJA ! HALLELUJA ! 3. PRYS ALMAL DIE VERRESE HEER; HY KOM OP WOLKE EENMAAL WEER - HALLELUJA ! HALLELUJA ! SOU SON EN MAAN EN STERRE SWIG, GOD BLY IN EWIGHEID DIE LIG. LOOF DIE HERE, GEE HOM ERE. HALLELUJA ! HALLELUJA ! HALLELUJA !